SAB gaan tog belê in SA

Die aanvanklike besluit om nie die beplande belegging te doen nie, is nou omgekeer en gaan SA Brouery tog sy R2 miljard belegging maak.

Verlede jaar het SAB sy investering van die reuse bedrag terug getrek weens die verbanning wat die regering ingestel het op alkoholiese drank tydens die grendel tydperk.

In die afgelope jaar het SAB sowat R5 miljard se beplande investering op projekte gekanselleer in Suid-Afrika as gevolg van die regering se verbanning op alkoholiese drank verkope.

In 2020 het SAB sy investering van R2,5 miljard gekanselleer en in 2021 is daar ʼn verdere R2,5 miljard projek gestaak.

SAB wou nuwe toerusting in sy aanlegte installeer, en wou ook die operasionele stelsels opgradeer, en het nou gewaarsku dat die baie werksgeleenthede verlore kan gaan as daar weer ʼn verbod op drankverkope sou kom.