SA Virus status

Die geïdentifiseerde koronavirus gevalle se totaal sedert Maart 2020 het nou tot 1,669,231 gestyg en die totale sterftes as gevolg van infeksie is 56,601 nadat nog 95 sterftes die afgelope 24 uur tydperk aangemeld is.

Die nuwe infeksies het vir dieselfde tyd met 3,614 gestyg wat daarop dui dat die derde pandemie in ons midde is.

Die herstel koers het weer ʼn dalende tendens getoon en is op 93,7% gestel. ʼn Week gelede was die herstel koers nog bo 95%.

Hospitale is reeds oorvol in sekere provinsies, en talle mense wat gehospitaliseer moet word, kry nie toelating nie, wat die vraag laat ontstaan of die regering geen plan het behalwe om hulle te verlaat op die inenting veldtog wat steeds teen ʼn onaanvaarbare stadige tempo uitgevoer word.