SA mag nie uit suurstof raak

Die Mediese Navorsingsraad van Suid-Afrika sê in ʼn verklaring dat die land nie kan bekostig om uit voorraad te raak met suurstof terwyl die derde pandemie besig is om oor die land te spoel nie.

Vrees dat die derde pandemie veel erger as enige van die vorige twee kan wees, is besig om paniek te saai onder mediese personeel, en die moontlikheid dat die hospitale uit voorraad van suurstof mag raak, het groot kommer laat ontstaan.

Data wat deur die organisasie “Elke Asemteug Tel” versamel is, bestaan die moontlikheid dat die pandemie so toeneem dat suurstof tekorte mag ontstaan.

Volgens die organisasie is Suid-Afrika een van 19 lande wat moontlik uit suurstof voorraad kan raak weens die Covid-19 pandemie.

Met die nuwe infeksies wat raak aan die 5,000 per 24 uur tydperk, kan dramatiese stygings verwag word van mense wat in hospitale opgeneem moet word.

Terwyl verskeie instansies waarsku dat suurstof tekorte verwag kan word met die derde pandemie wat begin het, sê die Departement van Gesondheid daar behoort nie kommer te wees nie want genoeg ervaring is opgedoen tydens die vorige twee pandemies.