SA entstof: Duitsland wil ook help

Een dag nadat Frankryk aangekondig het dat hy Suid-Afrika gaan help om sy eie entstof te vervaardig vir koronavirus bestryding, kondig Duitsland aan dat hulle ook wil help.

Berlyn het €50 miljoen bewillig om entstog vervaardiging in Suid-afrika te vervaardig, sê die Duitse Minister van Gesondheid, Jens Spahn.

Die minister het gesê dat BioNTech en ander vervaardigers van entstof gewillig is om die proses te bespoedig.

Intussen het verskeie geneeskundiges hulle kommer uitgespreek oor die slakkepas waarteen inenting plaasvind in die land, en sê sommiges die owerheid se voete sleep, en die minister wat by korrupsie betrokke is, is grotendeels verantwoordelik dat die derde pandemie begin het, en waarskynlik erger gaan wees as die eerste twee.

Politieke ontleders vind dit ook vreemd dat Frankryk en Duitsland nou gewillig geword het om hulp te verleen om Suid-Afrika in staat te stel om self entstof te vervaardig.

Die Duitse minister het egter erken dat die proses om entstof vervaardiging te begin in Suid-Afrika, etlike maande kan neem, maar in Suid-Afrika is navorsers en deskundiges bekommerd omdat hulle nie genader is om te help met die projek nie.