Ryk vrou help arm mense

Die vrou wat voorheen getroud was met een van die wereld se rykste mans, het besluit om van haar rykdom aft e staan aan  die minder gegoede mense van die wêreld.

Jeff Bezos, die eienaar van Amazon, se voormalige vrou sê sy wil ondersteuning gee aan organisasies wat diens verrig aan armer gemeenskappe.

 MacKenzie Scott word beskou as een van die wereld se rykste vroue, en haar aankondiging is wyd verwelkom toe sy bekend gemaak het dat sy €2.2 miljard aan 286 organisasies skenk om aan te wend in arm gebiede waar hulle werksaam is.

Die vrou is ʼn miljarder wat met ʼn reuse bedrag in haar bankrekening gesit het nadat sy van Bezos geskei is, en wil die skenkings maak sonder dat enige organisasie persoonlike voordeel of wins uit die skenkings sal maak.

Haar totale bates word op $60 miljard bereken, en die identifisering van die organisasies is gedoen deur ʼn span deskundiges wat vir die doel aangestel was.