Rusland onttrek ook ui Ruimte ooreenkoms

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het aangekondig dat sy land ook onttrek uit die “Oop Ruimte” ooreenkoms, wat verlede jaar deur Amerika verlaat is onder die Trump administrasie.

Die aankondiging van Rusland kom kort voor die besoek tussen die presidente van Rusland en Amerika later in die maand.

President Poetin het die dokument onderteken wat die kansellasie van die ooreenkoms meebring, en bespiegelinge is dat die twee leiers die moontlikheid van ʼn nuwe ooreenkoms sal probeer bereik/

Die ooreenkoms tussen die twee moondhede is bereik na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, maar die voormalige president van die VSA het onttrek en beweer dat Rusland die ooreenkoms geskaad het deur meer te ontwikkel met wapens as wat die ooreenkoms bepaal.

Die doel was dat die ooreenkoms gesluit moes word om te voorkom dat ʼn nuwe wapen wedloop sou begin.