Rusland en VSA sal praat oor kuberkrakers

Die onlangse groot kuberkraker aanvalle op Amerikaanse instellings is waarskynlik die een aspek wat hoog op die sakelys sal wees wanneer President Biden en President Poetin mekaar volgende week ontmoet.

Die blaam het op die Russe neergekom toe verskillende Amerikaanse maatskappy deurgeloop het onder die aanvalle van kuberkrakers.

Die instansie wat dit die swaarste getref het, was die reuse olie en brandstof pyplyn wat gestol is en die VSA byna in ʼn brandstof krisis laat beland het.

Moskou kan moontlik gevra word om die kuberkrakers in sy land uit te lewer aan die Amerikaanse regering, maar of so iets werklikheid sal word, is te betwyfel sê politieke analiste.

President Vladimir Poetin het gesê hy sal die kuberkrakers aan die VSA uitlewer indien die VSA bereid is om sy kuberkrakers aan Rusland uit te lewer.

Die VSA het die afgelope maande verskeie maatskappye in die land ondersteun wat deur kuberkrakers aangeval is, en president Biden sal glo die aangeleentheid met sy eweknie opneem.