Rusland en VSA ontmoet in Switserland

Die Amerikaanse president, Joe Biden, en die Russiese president, Vladimir Poetin ontmoet mekaar in Switserland en sal met die oog tot oog ontmoeting gebruik om ʼn “meer stabiele” bilaterale verhouding te vestig.

Die Amerikaanse president het vooraf besoek gebring by die G7 beraad, en daarna die Navo hoofde besoek, waarna hy ook die Europese Unie se vergadering bygewoon het.

Beide lande het in ʼn vooraf verklaring bevestig dat die hoof doel met die ontmoeting is om die verhouding tussen die twee moondhede te stabiliseer.

Die verwagting is dat verskeie aspekte sal bespreek word, waarvan die kuberkrakers se optrede in die VSA hoog op die sakelys sal wees.

Tydens gesprekke met die EU het die VSA saamgestem dat die samesprekings op hoe vlak verder gevoer moet word oor verskeie aspekte wat direk met Rusland verband hou.

Vroeër het Biden gesê hy soek nie konflik met Rusland nie, maar sal reageer op enige optrede wat Rusland doen as teken van aggressie.