Roeping van ouerskap

Die gedig deur William Ross Wallace “The hand That Rocks The Cradle is the Hand That Rules the World” (1865) is dikwels al gebruik om die rol van die moeder al dan nie te besing.  Dit is tragies dat ons vandag in ons volksgeledere die “gebruik” sien dat kinders van geboorte tot en met selfs matriek, daagliks in die hande van volksvreemdes gelaat word. Die verskonings is legio:  “van ma moet werk om die pot aan die kook te hou” of “ek is ‘n beroepsvrou wat bevrediging vind in my werk” ens ens.

So dikwels hunker ouers na kinders en spandeer duisende rande by klinieke op Invitro bevrugting om uiteindelik, as die kind daar is,  hom of haar in ‘n dagsorg sentrum en later in ‘n kleuterskool te laat. Die maklikste is egter om die kind in die sorg van ‘n werker of soos ons dit ken “bediende”  te laat.

So word ons volk se toekoms “verduister” aangesien die opvoeding van ons kinders aan volksvreemdes oorgelaat.   Van kultuur oordrag en belangriker nog, religieuse vorming, is daar nie sprake nie. Sommige kinders se eerste woorde is “Hau” of “Wena” en dan vind ouers dit nogal snaaks .  Wat ons ouers vergeet is dat baie van hulle ‘n doopbelofte afgelê om hul kinders te onderrig  en te laat onderrig.  Die “laat onderrig” beteken beslis nie deur mense van ‘n ander kultuur of geloof nie.

Dus is dit nie vreemd om op ‘n universiteits kampus te loop en die vermenging tussen groepe/rasse/volke raak te sien nie. Gaan ons uiteindelik so verbaster dat daar geen volk identiteit- of trots gaan oorbly nie? 

Tyd sal leer.