Republikeine blok ondersoek na Capitol

VSA senaat

Die opstandigheid van Amerikaanse Republikeine wat tydens die verkiesing plaasgevind het by Capitol Hill, het die Demokrate laat probeer om Trump as politikus aan te kla wat sou beteken dat hy nie weer aan ʼn presidentsverkiesing as kandidaat sou kon deelneem nie.

Verlede Vrydag het die Republikeine in die Amerikaanse senaat enige pogings in die verband wat deur die Demokrate geïnisieer is, verwerp, en kon die vereiste meerderheid nie behaal word nie.

Die linkse Demokrate wou wetgewing deurvoer wat ʼn onafhanklike kommissie sou toelaat om ondersoek t doen na die dood van mense by die Capitol gebou op 6 Januarie.

Die Demokrate het 60 stemme ten gunste van die wetgewing nodig gehad, maar kon slegs 54 stemme trek van die 89 senatore teenwoordig.

Dit is die eerste nederlaag van die Biden-regering in die Senaat, en word beskou as een van die belangrikste onderwerpe wat tot stemming gebring moes word.