Regse leier in Oostenrykse tree uit

Norbert Hofer, wat ʼn tyd gelede gesê het die Koran is gevaarliker as die koronavirus pandemie, het onverwags aangekondig dat hy uit tree as leier van die Vryheidsparty in Oostenryk.

Hofer se aankondiging kom sonder dat daar enige aanduiding is wie hom sal opvolg as partyleier, en sy uittrede volg nadat hy geruime tyd in die hospitaal deurgebring het weens ʼn ernstige rug besering.

Hy het laat blyk dat hy nie weet wie sy opvolger sal wees nie, maar het die persoon alle voorspoed toegewens.

Hofer het homself in ongewildheid gedompel toe hy die Moslems aangevat het en die Koran as gevaarlik bestempel het.

Bewerings word gemaak dat Hofer ernstige verskille het met een van die party se leiers, en besluit het om eerder uit te tree om te voorkom dan die party skade en verdeeldheid kry.