Ramp maatreëls weer verleng

President Cyril Ramaphosa se kabinet het Suid-Afrika se Nasionale Staat van Rampgebied verleng vir die volgende maand.

In ʼn verklaring wat uitgereik is na afloop van ʼn kabinet vergadering, is gesê dat die Ramp toestand nou sal vereis dat die noodtoestand verleng word weens die derde pandemie wat intussen amptelik aangekondig is.

Met die verlenging wat aangekondig is, sal die ramp noodtoestand tot 15 Julie van krag bly, en is nodig om die land in staat te stel om met inenting voort te gaan en die koronavirus pandemie te beveg.

Nkosazana Dlamini-Zuma, die Minister van Saamwerkende Regering sal glo die amptelike publikasie in die staatskoerant laat aanbring.

Aanvanklik is die ramp nood toestand verlede jaar ingestel om van krag te wees tot 15 Junie, maar sedertdien het die pandemie nie opgehou nie, en het selfs tot die huidige derde pandemie beweeg wat Suid-Afrika tans in ʼn ernstige toestand laat.

Die infeksies styg met 5,000 tot selfs 9,000 nuwe gevalle per 24 uur, en die herstel koers is wel redelik goed, maar toon ook ʼn dalende tendens.