Ramaphosa se energie plan

Die president, Cyril Ramaphosa, se energie plan wat nou toelaat dat sakeondernemings hulle eie krag mag opwek tot ʼn maksimum van 100 MW is ʼn redelike begin.

Dit gaan egter nie enige verskil maak aan Eskom se beurtkrag nie, want dit is duidelik dat die entiteit nie bereid is om te kyk waarom sy kragstasies so gelyktydig onklaar raak nie.

Die afgelope weke is Suid-Afrika swaar getref met beurtkrag, en het die land weereens miljarde Rand gekos wat die ekonomie ʼn swaar klap gegee het.

Die toegewing aan sakeondernemings beteken dat minstens twee tot drie duisend besighede sal moet omskakel na hulle eie 100 MW elektrisiteit om enigsins enige waarneembare verskil te maak wat beurtkrag sal verminder.

Die deskundiges reken egter dit kan maande neem voordat sakeondernemings die eie krag program begin, en selfs dan sal beurtkrag nog deel van ons miserabele kragvoorsiening wees.