Ramaphosa by G7 beraad

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, sal die week vertrek om die G& beraad by te woon, en wil glo ʼn boodskap van hoop bring.

Die boodskap van hoop wat hy wil oordra, sal verskeie mense in Suid-Afrika die kop laat skud, want hy wil vertel van al die moontlikhede in die land.

Hy het self in sy weeklikse skrywe aan die inwoners van die land gesê sy boodskap is van so ʼn aard dat nie almal in die land gereed is daarvoor nie.

Hy erken dat die hoë werkloosheid nie verbeter het nie, en is toe nog slegter gemaak met die koms van die pandemie.

Die president sê dat daar is ook goeie nuus. Die vordering wat gemaak word met die uitroei van korrupsie is een voorbeeld, en alhoewel daar nog baie gedoen moet word, is die eerste tekens daar.

Die president verwys ook kortliks na die vordering wat die afvaardiging sal opper by die G7 beraad oor ekonomiese vooruitgang wat gemaak is.

Die Suid-Afrikaanse president is op spesiale uitnoding na die G7 beraad .