Radikalisme vlam op in ANC

Die “Radikale Ekonomiese Transformasie (RET) se magte en voorsitter, wat ook ʼn ANC lid is, Nkosentsha Shezi, maar wat ook bekend is vir sy ondersteuning van Jacob Zuma, gaan die ANC in die hof beveg.

Nkosentsha Shezi, is ook ʼn sterk ondersteuner van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, en hy wil die saak voor die SA Hooggeregshof bring rakende Magashule se skorsing.

Die beswaar teen die ANC se sogenaamde “staan opsy” benadering gaan nou getoets word in die hof, en kan verrykende gevolge inhou vir die regering en die ANC.

Die saak strek ook verder, want provinsiale leiers wat ook beskuldig word van korrupsie, is ook in gedrang, en sal ook deel uitmaak van die stryd om hulle te “beskerm” teen die regering se beleid van “staan eenkant”.

Magashule het self ook ʼn saak teen die regering begin om sy skorsing ongedaan te kry, aangesien die “staan eenkant” benadering beskou word as ongrondwetlik.

Magashule se aansoek dien in die hof op 24 en 25 Junie vanjaar.