Protes in strate oor vuurwapen wet

Protesteerders het die strate in gevaar in Kaapstad die afgelope naweek en die optog het na die parlement beweeg om hulle ontevredenheid oor die beoogde nuwe wet te demonstreer.

Die optog gangers eis dat die Vuurwapen Beheer se amendement as Wet geskrap word, en wapen eienaars sê hulle glo hulle benodig vuurwapens om hulle te beskerm in selfverdediging teen gewapende aanvallers.

Die afgelope week is daar groot onmin nadat die voorgestelde Wet so ingeklee word dat selfverdediging nie as rede aangevoer kan word waarom iemand ʼn wapen mag besit nie.

Wapen eienaars sê dit is duidelik dat die terreur groepe mag wapens gebruik, maar die wetgehoorsame burger mag nie ʼn wapen besit om hom te beskerm teen die aanvallers nie.