Pretoria werkers wil meer geld hè

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het ʼn brief ontvang van munisipale werkers in die groter Pretoria wat weer handel oor meer geld.

In hulle brief eis hulle dat die minister die gebruik sal stop om te sê die regering het nie geld vir salaris verhogings nie.

Die kern van die brief is egter eenvoudig: dit is soos wat te alle tye geeis word – meer geld.

Die werkers eis ʼn onrealistiese R4,000 verhoging plus behuising voordele van R3,500 vir alle werkers van die munisipaliteit.

Onder leiding van die Samwu vakbond hoof, ene Nelson Mokgotho, het werkers saamgedrom by Marabastad waarna hulle die Tesourie in ʼn optog besoek het waar die versoekskrif oorhandig is.