Poskantoor vat koerierdiens se brood

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan maar net nie uit sy swaar skuldlas los gewikkel kom ie, en het reeds tientalle kantore gesluit om waarskynlik nooit weer te heropen nie.

Dit is ook onseker wat van die personeel geword het, en hoeveel is moontlik afgedank of het ʼn keuse om te gaan werk waar dit hopeloos te ver van die woonplek is.

Nou word regulasies uitgevaardig wat koerierdienste benadeel, want die poskantoor wil klein pakkies hanteer wat tot nou die brood en botter lyn van koerierdienste was.

Poswese het ʼn ooreenkoms onderteken met die “Mail America” wat sal verseker dat goedkoper en vinniger diens gelewer sal word want die instansie sal glo aanlyn handelaars tot voordeel strek.

Die vreemde benadering van die Poskantoor is onlangs opgemerk toe die entiteit ook ʼn soortgelyke ooreenkoms met ʼn ander instansie aangegaan het, wat die vraag laat ontstaan waarom twee instansies wat dieselfde funksie verrig, aangestel is.