Poskantoor kry nuwe inspuiting

Om die bankrot Poskantoor te red van finale ondergang, word daar glo gewerk aan ʼn plan om die entiteit meer funksioneel te maak.

Van die belangrikste opgraderings wat glo ter sprake is, is die aanlyn dienste wat ingestel gaan word vir aansoeke om lisensies en die aansoeke vir ID dokumente.

Die Poskantoor het tien talle van sy kantore reeds gesluit, en dit is onbekend of hulle weer in gebruik geneem sal word. Die opleiding van personeel sal waarskynlik die grootste probleem wees, veral omdat daar tans nie ʼn sterk korps werksaam is wat dinamies en flink diens lewer met dit wat tans gebied word nie.

Die agteruitgang van die Poskantoor het die afgelope paar jaar gelei tot bedankings van senior mense wat oor die vaardighede beskik om die entiteit op die wenpad te plaas, maar die swak besluite van politieke leiers het mense laat bedank.

Die Poskantoor gaan ook nuwe aanbiedinge beskikbaar maak met finansiële stelsels, maar of dit eers later ingestel gaan word, is nie bekend nie.