Politieke omwenteling in Israel

Naftali Bennett

Die moontlikheid dat die Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, uit die regering kussings gelig gaan word, is nou ʼn sterk moontlikheid.

Die afgelope verkiesing het nie goed verloop vir die premier nie, en die nasionalistiese party van Naftali Bennett wat sy gewig ingooi by die “regering van verandering” kan Israel se politiek aansienlik verander.

Bennett se besluit, wat hy tydens ʼn TV onderhoud bekend gemaak het, kan daartoe leie dat die opposisie leier, Yair Lapid daarin mag slaag om ʼn koalisie regering saam te stel.

Netanyanu is ook in omstredenheid gedompel en bewerings is gemaak dat hy by grootskaalse korrupsie betrokke is, alhoewel hy dit herhaaldelik ontken het.

Dit is egter die eerste moontlike verloor van Netanyanu sedert 1999 en ʼn nuwe regering onder leiding van Lapid en sy Yesh Atid party kan beteken dat ʼn groter nasionalistiese koers ingeslaan word.

Lapid se sukses sal grootliks afhang van sy koalisie vennoot Bennett wat ʼn sterk militêre agtergrond het om die verhouding met Palestina te bepaal.