Polio slaan toe in Afghanistan

Die primitiewe optrede van die mense in Afghanistan is die oorsaak dat polio en die koronavirus besig is om sy tol te eis en onskuldige mense word die slagoffers.

Gewapende mans het die week vyf mediese personeel wat besig was om mense teen polio in te ent, summier doodgeskiet.

Die grootste deel van die bevolking word wysgemaak dat die polio inspuitings die oorsaak is vir vele ander kwale, en word mense afgeraai om die inspuitings te neem.

Polio het pandemiese afmetings aangeneem omdat baie mense weier om die inspuitings te neem, en alhoewel die Taliban daarvan beskuldig word da thy verantwoordelik is vir die ernstige toestand, ontken die groep da thy enige invloed uitoefen om mense te ontmoedig.

Onbevestigde berigte lui dat dieselfde tendens nou ook ondervind word met die inenting teen die koronavirus, en kan die pandemie verrykende gevolge inhou vir die oorlog geteisterde land.

Geloofsgroepe is die grootste teenstanders van inenting, en die Moslems is glo die grootste beswaarmakers teen inenting.