Poetin opponent vlug land uit

Die welbekende politikus van Rusland, wat gearresteer is verlede week, sê hy het ʼn waarskuwing gekry dat kriminele klagtes teen hom gelê is wat hom sal verbied om as kandidaat van die parlement te staan.

Dmitry Gudkov was by sy huis gearresteer verlede week, en waarnemers sê dieselfde metodes word gebruik teen hom as wat met die ander bekende opposisieleier, Navalny, gedoen is.

Gudkov het dus besluit om Rusland te verlaat en het uitgewyk na die Oekraine     

Hy word daarvan beskuldig dat hy die huur op ʼn ander gebou nie betaal het nie, en dus aangehou is deur die owerheid.

Die politikus het later gesê hy was verplig om Rusland te verlaat uit vrees dat hy deur die polisie en owerheid in die tronk gestop kan word.

Waarnemers reken die arrestasie en aanhouding was ten doel om hom uit te skakel as kandidaat vir die September verkiesing.

Rusland het wetgewing dat iemand wat ʼn “kriminele oortreding” begaan het, nie as kandidaat vir verkiesings kwalifiseer nie,

Hy het later op die sosiale netwerk gesê dat hy na  Kief, die hoofstad van die Oekraine vertrek het om nie onregmatig in ʼn Russiese tronk te beland nie.