Peru verkiesing – kop aan kop

Die regse politieke leier, Keiko Fujimori, en die ver-linkse Pedro Castillo, is met die eerste rondte kop aan kop toe die stembusse gesluit het in Peru se presidentsverkiesing.

Keiko Fujimori is baie gewild onder die kiesers van die stedelike gebiede, terwyl Castillo se steun in die plattelandse dorpe is. Hy het ʼn geringe voorsprong gehad volgens die sluiting van die stemlokale maar toe was daar nog baie stemme wat getel moes word.

Sy het op daardie stadium 49,8% en Castillo 50,2% gehad toe die stemlokale gesluit het die aand 7 uur.

Die verkiesingskommissie van Peru sê die stemme sal weer getel word aangesien daar moontlik ʼn stem tel fout van 3% kan wees.

Die kommissie sê daar is nog ʼn aansienlike getal buitelandse stemme wat die uitslag verder kan beïnvloed, wat beteken dat niks nog finaal is nie.