Pasop: So word jy besteel

Standard Bank het gewaarsku dat daar weer ʼn nuwe aanslag op mense kom wat besteel word met ʼn e-pos om jou bankbesonderhede te bekom.

Die e-pos lui dat jy ʼn terugbetaling van die Ontvanger van Inkomste moet kry, en dan verskyn daar die volgende:

‘You have 1 new pending incoming Payment from SARS . Click Here To accept the payment immediately’

‘Note: Registered phone number or Email address we have on our record must be verified by One-Time-PIN to validate your details.’

Daarna word jy gevra om jou PIN en e-pos adres, sowel as foonnommer te bevestig, en dit is volgens kenners, die fout wat mense maak.

Die advies is eerstens: Dink daaroor of jy enige terugbetaling kan verwag – dit is meestal nie die geval nie.

Tweedens: Die Inkomstediens beskik reeds oor al jou besonderhede indien terugbetalings gemaak moet word, en dus is die e-pos afkomstig van iemand anders.

Skrap die e-pos sonder om enige iets daarvan te probeer lees of te doen.