Pandemie in fase 2 grendel tyd

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, hel die week aankondigings hoe die nuwe grendel maatreëls lyk wat ingestel is.

Fase 2 maatreëls sal gehandhaaf word, maar  spesiale maatreëls is ingebring .

Die belangrikste aspekte wat van Maandag in werking getree het is dat die aandklok reel ingestel is van 11 uur die aand tot 4 uur die volgende oggend, wat beteken restourante moet om 10 uur saans sluit sodat werkers betyds huis toe kan gaam.

Byeenkomste word ook ingeperk tot 100 persone binne in geboue, en buite word 250 mense toegelaat, wat gepaard gaan met die nodige voorsorg van maskers wat gedra moet word en sosiale afstand wat gehandhaaf moet word.

Die derde pandemie het reeds die land getref, en deskundiges is van mening dat dit selfs ʼn gevaarliker tydperk gaan wees as die vorige twee pandemies. Met die winter koue wat aangebreek het, word die gevaar van infeksie opdoen soveel groter, en mense word gemaan om die bekende maatreels streng toe te pas.