Pandemie

Dit is asof Suid-Afrika nie genoeg skrik gekry het nie, want die geweldige toename in nuwe infeksies wat nou meer as 9,300 per 24 uur is wat aangemeld word, raak die rooi gevaar ligte baie ernstig.

Kenners en ontleders sê dit is kommerwekkend dat daar so baie nuwe infeksies per 24 uur is, terwyl die mense oënskynlik voortgaan asof daar geen bedreiging is nie.

Die waarheid is dat die sterftes wat nou meer as 100 mense per dag tel, nog meer gaan word omdat hospitale reeds oorvol geraak het.

En dit bring Die Vryburger se redaksie en bestuur na die erns van die saak: Die lesers van ons koerant mag nie verder onverskillig optree nie. U moet die protokol nakom. U moet die masker dra buite jou woonplek. Was asseblief jou hande gereeld, ook wanneer jy goed van buite die woonplek in ontvangs neem moet reiniging gedoen word. Hou asseblief afstand as julle buite die woonplek is, en moet nie aan ander mense raak nie. Praat nie met ander mense nie, en hou die masker behoorlik oor die neus en mond.

Ons ken almal hierdie voorsorgmaatreëls wat nou al 15 maande toegepas moet word. Die erns het egter vereis dat ons nou meer versigtig moet wees, want die variant koronavirus versprei soos blits, en ons moet verkieslik tuis bly as dit enigsins moontlik is.

Benewens dit alles moet elkeen van ons bid sonder ophou, en diegene ouer as 60 moet nie nalaat om die inenting te gaan kry nie.