Oud president van Ivoorkus weer beskikbaar

Na meer as ʼn dekade se afwesigheid uit die politiek van die Ivoorkus, het die voormalige president aangekondig dat hy weer beskikbaar is as kandidaat, en is van plan om terug te gaan na sy land.

Die moontlikheid bestaan nie meer dat hy by sy terugkeer na die Ivoorkus, vervolging in die gesig sal staar nie.

Die Internasionale Kriminele Hof het die beslissing gehandhaaf teen die oud president, Laurent Gbagbo, vir sy beweerde misdaad teen die mense van sy land.

Laurent Gbagbo beplan om gedurende die middel van Junie terug te keer nadat hy intussen vasgestel het dat hy vrygespreek is van die beweerde misdryf.

In 2011 is hy gearresteer vir beweerde misdade teen burgerlikes, en het in die Internasionale Kriminele Hof verskyn, maar is uiteindelik na vele ondersoeke vrygespreek.

ʼn Woordvoerder het later gesê die voormalige president keer terug na ʼn dekade van onbillike behandeling wat hy as onskuldige moes deurmaak.