Oud president se vrou kry tronkstraf

Die voormalige president se vrou, Ana Ligia de Saca, van El Salvador wat skuldig bevind is in die hof dat sy haarself onwettig verryk het, is bevel om $17.6 miljoen terug te betaal aan die staat.

Haar eggenoot, die voormalige president, Tony Saca, is 10 jaar tronkstraf opgelê wat hy tans uitdien.

Nou is die voormalige president se vrou ook tien jaar tronkstraf opgelê vir haar misdaad om haarself te verryk op oneerlike maniere.

Haar broer,  Oscar Edgardo Sol Mixco, is kort tevore ook skuldig bevind aan dieselfde soort misdaad, en is ook 10 jaar tronkstraf opgelê wat hy uitdien.

Meer as $260 miljoen is betrokke by die drie oortreders se selfverryking skandaal, waarvan ʼn klein deel verband hou met koronavirus toerusting en entstof.