Onmin oor Peru verkiesing uitslag

Alhoewel al die stemme getel is in die presidentsverkiesing van Peru, en het die ver-linkse Pedro Castillo aanspraak gemaak op sy oorwinning.

Sy konserwatiewe opponent, Keiko Fujimori, het egter gesê daar is verkiesings bedrog gepleeg.

.Castillo het himself intussen as die volgende president van Peru verklaar, maar die finale uitslag is nog nie bekend gemaak nie.

Die verkiesing wat op 6 Junie gehou is, se finale uitslag sal deur die verkiesingskommissie aangekondig word.

Castillo het egter gesê ʼn nuwe era het aangebreek in Peru se politieke bestel, en die 51 jarige onderwyser het met die jongste gegewens beskikbaar, sowat 44,000 stemme meer as sy opponent gekry.

Castillo het net meer as 50% van die stemme getrek, en Fujimori het 49.8% van die stemme getrek.

Met die byna gelykop uitslag, is daar nou invloedryke kiesers wat reken dit is nodig dat ʼn nuwe verkiesing gehou word.