Onderhandelings: Duitsland huisves Libiese partye

Na verskeie pogings wat misluk het om die vegtende partye bymekaar te kry sodat vrede onderhandelinge kan begin, het Duitsland nou daarin geslaag om die Libiese oorgangsregering sover te kry om deel te neem aan die gesprek.

Die verkiesing wat eersdaags gehou gaan word, het die partye gedwing om aan die onderhandelings deel te neem, en word die belangrikste punt op die sakelys.

Berlyn sal die tweede rondte van Libië se vrede onderhandelings ook huisves, en die Verenigde Nasies sal ook huisvesting bied aan die partye wat op 23 Junie verder in onderhandelings sal wees.

Dit sal die eerste keer wees dat die oorgangsregering van Libië aan die onderhandelings deelneem sedert die eerste konferensie in Januarie 2020 gehou is.

Die inisiatief van die Verenigde Nasies is nou vir die eerste keer so gereël dat die regering ook deelneem, wat lang tye van onderhandeling in die vooruitsig stel om uiteindelik vrede te bereik in die oorlog geteisterde land.