Olie prys spring die hoogte in

Die olie prys het nou die 32 maande gelede se hoë prys gehaal met die geweldige toename in aanvraag wat die afgelope weke ondervind is.

Dit is veral die VSA en Europa wat gesorg het dat die aanvraag die hoogte ingeskiet het, en het nou die hoë prys van Oktober 2018 bereik.

In die VSA word ondervind dat al meer mense terugkeer na hulle vorige werkplekke, en besoeke aan grootskaalse geleenthede dra ook by tot die groter aanvraag na brandstof en olie.

Kenners wys daarop dat die koms van die elektriese motorvoertuie nog nie ʼn noemenswaardige uitwerking het op die vraag na olie nie, wat op hierdie stadium ʼn redelike verwagting gewek het dat dit sal begin om die vraag na olie te laat afneem.

Daar is egter te veel ander binnebrand masjiene in die wêreld wat die vraag na olie nog vir jare sal laat voortduur, sê kenners.