Nuwe vragskip sink by Sri Lanka

Sri Lanka staan gereed as daar moontlik olie of ander vloeistowwe vrygestel word nadat ë massiewe vragskip naby die land se kus gesink het.

Die vragskip wat ʼn groot vrag chemikalie vervoer het, het aan die westelike kant van Sri Lanka se kus gesink en word beskou as grootste mens gemaakte natuurramp wat die land ooit beleef het.

Die vragskip wat ons die vlag van Singapoer gevaar het, dra 1,486 skeepsvrag houers wat ondermeer 25 ton salpetersuur bevat, en ander chemiese produkte sowel as kosmetiese produkte.

ʼn Brand het op die skip ontstaan terwyl dit voor anker gelê het in die hawe van Negombo, en waarnemers sê daar was eers ʼn hewige ontploffing wat die brand veroorsaak het.

Die skip wat slegs vier maande gelede die eerste keer te water gelaat is, het begin sink nadat die brand vinnig versprei het en van die chemikalieë blykbaar ontplof het.

Die eienaars sê daar is na etlike dae van onder op die see bodem, nog geen teken dat enige van die 350 ton olie of chemikalieë gelek het nie.