Nuwe missiel trefafstand ontstel kommuniste

Noord Korea se kommunistiese regering van Kim Jong-Un het die VSA en Suid-Korea beskuldig vir die verwydering van beperkings op die Suide se missiele.

Noord Korea het gesê die opheffing van die beperkings is doelbewus teen sy land gerig, maar die VSA en Suid-Korea het die nuwe maatreëls verwelkom.

Suid-Korea het ʼn beperking gehad op sy missiele wat in 1979 deur die VSA ingestel is, maar wat nou volgens die ooreenkoms, opgehef word.

Tot hede kon die missiele slegs sowat 800 kilometer trefafstand bereik omdat die VSA wou voorkom dat ʼn wapen wedloop in die skiereiland ontstaan.

Met die Noorde se ontwikkeling van ballistiese missiele het dit egter nodig geword dat Suid-Korea geleentheid moet kry om sy missiele te verbeter aangesien daar voortaan geen beperking op reik afstand sal wees nie.

Kenners wys daarop dat Suid-Korea se onbeperkte voorskrifte vir missiel ontwikkeling, waarskynlik groot moontlikhede inhou wat kommer wek in die noordelike skiereiland van die kommuniste.