Nuusflitse

Gupta eiendom

Geboue wat aan die Gupta familie behoort, en miljoene Rand se waarde het, word nou beoog om gevries te word en moontlik op veilings verkoop gaan word om ʼn brokkie van die verskuldigde bedrae te vorder.

Die Hooggeregshof het bevel uitgereik dat die eiendom gevries word.

Britse Premier

Eerste Minister Boris Johnson en sy vrou Carrie se huwelik seremonie was so stil gehou dat die personeel eers die volgende dag daarvan te wete gekom het. Die egpaar het reeds etlike jare saamgewoon en ʼn gesin begin, maar nou eers amptelik in die huwelik getree.

Gaza

Duisende Palestynse inwoners het deelgeneem aan Hamas se optog om teen Israel te betoog, maar geen pogings is aangewend om gewelddadig teen Israel op te tree nie. Die optog is in die noordelike deel van die Gaza gebied gehou terwyl Israel se magte op gereedheid gebly het indien enige voorvalle sou plaasvind.

Verkiesing

President Ramaphosa is besig om kiesers na sy kant te trek deur geluide te maak oor die ANC se grondgryp en Swart Ekonomiese Bevoordeling te predik, en laat nie agterwee bly dat die Grondwet gewysig gaan word om eiendom sonder vergoeding te gryp nie.