Nuusflitse

Johannesburg

Benewens die frustrasie van beurtkrag, het verskeie hospitale in die Goudstad vir die afgelope twee dae sonder water toevoer gesit. Die owerheid sê ondersoek word gedoen na die oorsaak van die onderbrekings wat hospitale ernstig benadeel, veral met die groei in koronavirus pasiënte se toeloop na hospitale.

Natal

ʼn Egpaar het borgtog gekry nadat hulle in die hof verskyn het op aanklag dat hulle mense bedrieg het met ʼn vakansie skema, waarby meer as R1 miljoen betrokke is.

Australië

Na die lang droogte in sekere dele van Australië, sit boere met een van die grootste muis plae van dekades, en word katte oral gesoek om die plaag te help bestry. Benewens die huishoudings van honderde plase, word gesaaides verniel en waterbronne besoedel.

Rook

Volgens die jongste verslag van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) is daar miljoene mense in die wêreld wat nou die rook gewoonte laat vaar aangesien die verswakking van longe die koronavirus infeksie soveel gevaarliker maak.