Noord Korea trotseer voedsel tekort

Kim Jong-Un, die leier van die kommunistiese Noord-Korea, sê dat buitengewone weerstoestande tesame met die koronavirus pandemie, is sy land afgesny van Sjina se handel, en dit kan lei tot ernstige voedsel tekorte.

Kim het sy kommer uitgespreek oor sy land se huidige voedsel tekorte en het gesê die mense moet die huidige situasie goed monitor aangesien daar betyds noodseine uitgestuur sal moet word.

 Hy sê die geweldige oorstromings in sekere dele het die krisis vererger, en die tifoon het baie van die produksie laat skade kry.

Noord-Korea was nog altyd ʼn swak voedsel produserende streek, en die huidige situasie is niks vreemd nie, word gesê.

ʼn ernstige beroep is op streeks leiers gedoen om die landbou produksie aan te  help wat nou nodig is om te voorkom dat ernstige tekorte ontstaan. Met die saksies wat teen die skiereiland ingestel is, word voedsel invoere ook bemoeilik, en kan daar slegs op eie produksie staat gemaak word om te verseker dat daar voldoende voedsel beskikbaar is.