Niemand mag Belarus verlaat nie

Die Grensbeheer Agentskap van die hoofstad Minsk het aangekondig dat nuwe regulasies geldig is wat maak dat dit byna onmoontlik maak om Belarus te verlaat.

ʼn Burger van die land se poging om te vlug uit Belarus, en wat ʼn leiersfiguur is, Alexander Lukashenko, het glo toegesien dat alle uitgange ui die land gesluit word.

Waarnemers sê die inwoners van die land word vasgepen terwyl Lukashenko na nog moontlikhede kyk om mense te verbied om die land te verlaat.

Onbevestigde berigte lui dat mense wat beperkte inwoning het in Belarus, word nie toegelaat om die land te verlaat nie, al het hulle verblyf permit verstryk.

Die owerheid sê die maatreëls is tydelik en is geregverdig omdat gepoog word om die verspreiding van die koronavirus te beperk, maar ingeligte bronne sê daar word gevrees dat inwoners die toestand in die land sal bekendmaak as hulle buite die landsgrense is waar kommunikasie geriewe beskikbaar is.

Nadat die president, Alexander Lukashenko, verklaar het da thy die presidentsverkiesing gewen het en 80% steun van kiesers gehad het, het duisende mense die land uit gevlug uit vrees vir onregmatige vervolging.