Nasionaliste in Eiland Siprus verras

Die inwoners van die Griekse eiland Siprus het hulle teleurstelling duidelik getoon toe die meerderheid vir die nasionalistiese party gestem het in die afgelope verkiesing.

Die beweerde skandaal waarby die “tradisionele” partye betrokke is, was die hoof rede wat die parlementêre verkiesing ʼn radikale ommekeer getoon het.

 Die afgelope naweek het die eiland se kiesers na die stembus gegaan en met ʼn stem persentasie van 66% van die 558,000 kiesers het hulle stemme uitgebring om 56 parlementslede te kies.

Die klein eiland het egter 15 politieke partye wat meeding om die 56 parlementslede aan te wys.     

Die nasionalistiese ELAM wat as ver-regs bestempel word, en ʼn splinter party het groot vordering getoon.

Die nasionaliste het 7% van die stemme gekry wat ʼn toename in steun van 3% is, en is die eiland bewoners verras toe die gematigde DIPA slegs 6% steun kon trek.

Die gematigde regses van die DISY is die wenners met bykans 28% steun wat aan hulle ʼn 5,4% verbetering gee.

Dit is met elke verkiesing ʼn stryd van politieke leiers wat poog om ʼn koalisie regering saam te stel, en politieke ontleders sê dit sal vanjaar nie anders wees nie, behalwe dat nasionaliste die meerderheid stemme het, en waarskynlik sal saamwerk om ʼn regering te vorm.