Namibië: Duitse aanbod te klein

Die Duitse onderhandelings met Namibië oor die volksmoord van die verlede, het gelei tot Duitsland se bereidheid om net meer as een miljoen euro aan die land te betaal.

Die Namibiese parlement moet glo die ooreenkoms bekragtig, maar die land se visepresident, Nangolo Mbumba, is nie gelukkig met die bedrag nie.

Nangolo Mbumba dink Duitsland se kompensasie bedrag is onvoldoende en dat die €1.1 miljard wat in ʼn infrastruktuur program van Namibië gestort sal word, nie genoeg is nie.

Die visepresident sê heen bedrag geld kan werklik kompenseer vir die lewe van mense nie, het hy gesê.

Visepresident Mbumba is die jongste van vele openbare figure in die land wat kritiek uitspreek oor die €1.1 miljard waaroor ooreengekom is.

Alhoewel verskeie mense die bedrag as te min beskou, en die parlement sy bekragtiging nog moet gee, is die meerderheid parlementslede blykbaar ten gunste van die ooreenkoms met Duitsland.