Mianmar burgerlikes vlug vir militariste

Gevegte tussen burgerlikes en die militariste wat die regering gekaap het, het duisende mense op vlug laat slaan na digte woude in die hoop om nie gearresteer te word nie.

Die grootste stryd vind plaas in die Kayah Staat wat in die oostelike deel van Mianmar geleë is.

Die onwettige militêre Juta het sy gewelddadige optrede teen burgerlikes nog verskerp en daarmee vrees ingeboesem by duisende voorstanders van die demokrasie wat voor die staatsgreep uitgevoer is, van krag was.

Talle kleiner dorpe is nou sonder inwoners en die mense poog om die aanslae te ontvlug aangesien die militariste van huis tot huis beweeg om mense te arresteer.

In die tydperk van drie maande sedert die militêre staatsgreep uitgevoer is, en die demokratiese bestel letterlik vernietig is, word die belofte gemaak dat ʼn verkiesing in Februarie 2022 gehou gaan word wat ʼn nuwe regering sal aanwys, alhoewel die militariste sal vereis om deel van die regering te vorm.