Mate en die verbruiker

Suid Afrika het in 1970 oorgeskakel na die metrieke stelsel waarvolgens mate bepaal word. ‘n Pint en gallon het verander in millimeters en liters.  Verbruikers was gewoond dat die standaard vloeistof mates 340 ml was – gas koeldranke/bier.  Dit is later verander na 330ml om aan te pas by die internasionale standaarde.  Vloeibare voedsel produkte se mates, soos tamatie sous, was verpak in 750 ml houers. Dit is onlangs verander na 700ml.  So het verskeie produkte se inhoud/mate verminder en dit sonder enige bohaai of verduideliking. Die prys van die produkte het egter dieselfde gebly, daar was nie ‘n vermindering in prys nie, dus is die verbruiker so stilweg “beroof” . Die gemiddelde persoon wat aankope doen het ook nie die vermindering opgemerk nie. Is dit maar weereens die verbruiker wat uitgebuit word.