Malie: Staatsgreep met ʼn kaping

Daar bestaan meningsverskil of Malie ʼn staatsgreep gehad het wat met ʼn kaping omvergegooi is, en of ë kaping met ʼn staatsgreep omvergegooi is.

Die land se konstitusionele hof het beslis dat Assimi Goita die nuwe tussentydse president moet wees.

Assimi Goita het ʼn militere kaping vroeër die vorige week uitgevoer terwyl hy nog visepresident van Malie was.

Met die kabinetskommeling is hy uitgelaat, wat veroorsaak het dat hy die kaping uitgevoer het en die verkose president afgedank saam met die premier.

Die omstrede weermag kolonel is kort na die hof se uitspraak, ingehuldig as tussentydse president van die land, en waarnemers voorspel dat hy op meer glasryke wyse later die week in die amp bevestig gaan word.

Meningsvormers reken ook die moontlikheid bestaan da thy as die nuwe president van Malie aangewys gaan word.

Met die kaping binne in ʼn kaping of staatsgreep, het Goita bevel dat die president en die premier gearresteer word, maar hy het hulle enkele dae later voorwaardelik vrygelaat en toe afgedank uit hulle ampte.