Malie onder druk vir verkiesing

Politieke leiers van Wes Afrika sê Malie moet ʼn opvolg presidentsverkiesing hou in Februarie 2022 en vra dat ʼn tussentydse Eerste Minister uit die burgerlike samelewing onmiddellik aangestel word.

Die leiers glo dat die twee belangrike poste aandag moet kry om die erge protes optogte teen die regering beëindig kan word.

Die leiers van die “Ekonomiese Gemeenskap van Wes Afrika State” het die afgelope naweek vergader om die krisis in Malie te bespreek en aanbevelings is gemaak om stabiliteit te herstel in die land wat verlede week ʼn politieke krisis begin het toe die president en die premier gearresteer en in aanhouding geplaas is.

Buurlande poog om die militêre regering wat tans heers so spoedig moontlik vervang te kry met ʼn demokraties verkose regering.