Lugverskynsels veroorsaak kopkrap

In die afgelope tyd het die vrae weer opgeduik oor die Ongeïdentifiseerde Lugverskynsels wat deur mense waargeneem is, en waarvan sommige met foto’s bevestig word.

Baie van die verskynsels kan maklik verklaar word, maar daar is ook die ander wat wetenskaplikes en kenners laat kopkrap.

 Die een voorval wat tans opspraakwekkend is, word glo as geklassifiseerde inligting van die VSA se Intelligensie agentskap beskou, en inligting oor die voorval sal glo eers later vrygestel word.

Dit blyk of die Amerikaanse Kongres eers ingelig gaan word oor die voorval wat geheimsinnig voorkom, maar waarvan die besonderhede nie beskikbaar is nie.

In ʼn voorlopige verklaring sê die VSA dat die militêre en intelligensie afdelings nog geen bewyse kon vind dat ʼn hoog gevorderde ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerp waargeneem is as ʼn ruimtevaart voorwerp nie.

Die VSA deskundiges ondersoek glo talle voorvalle wat beskou word as Ongeïdentifiseerde Lugverskynsels en wil egter nie beweer dat daar nie sulke voorvalle is nie.