Landbou laat boere moed kry

Die afgelope ses maande het die landbou laat gedy, en boere het begin om moed te kry na jare van sukkel weens klimaat en ander teenslae.

Ekonome wys daarop dat die goeie reens van die somer seisoen ʼn besonder positiewe uitwerking het op die landbou, en boere wat tot onlangs nog skepties was, is nou met meer vertroue toegerus.

Die goeie reën, en die uitstekende pryse van landbou produkte het die vertroue in landbou na nuwe hoogtes gelei, en boere glo dat hulle met die nuwe pryse en goeie uitvoer geleenthede, kan hulle die skuldlas van twee jaar gelede begin afwerk.

Die moeilikste deel van die land is egter die droog geteisterde Oos-Kaap waar die reën maar net nie verligting wil bring nie.

Boere meen egter die goeie wol- en bokhaar pryse kan help om die las van die droogte te verlig, maar omdat boere genoodsaak was om die getalle te verminder, sit hulle tans net met die kern kuddes wat te klein is om die laste te delg terwyl veevoer aankope die goeie pryse demp.