Kroasië koop Franse vegvliegtuie

Kroasië het ooreengekom met Frankryk om twaalf gebruikte vegvliegtuie aan te koop teen ʼn bedrag van $1,2 miljard.

Eerste Minister Andrej Plenkovic het die gegewens bekend gemaak en sê die 12 Rafale Vegvliegtuie sal die bestaande MiGs vliegtuie uit Rusland vervang.

Kroasië is ʼn lid van die Europese Unie, en het besluit om sy lugmag toerusting van Frankryk te koop weens die toenemende spanning wat tussen die EU en Rusland ontstaan het.

Die Eerste Minister het aan sy kabinetslede gesê die Franse se aanbod om die vliegtuie te koop is die beste transaksie wat gedoen kan word.

Die Franse vegvliegtuie is glo in ë puik toestand en sal nog jare diens lewer, wat Kroasië in ʼn aansienlik beter posisie plaas as wat die verouderde Russiese vegvliegtuie is.