Krisis kom oor Nasionale Gesondheid Plan

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het ʼn dringende waarskuwing gerig dat duisende dokters die land gaan verlaat as die Nasionale Gesondheid Plan (NGP) in die land begin word.

Die groep, nie vir winsbejag, wat die belange van 12,00 mediese dokters behartig, gaan die land verlaat, en sê sy lede kan nie ondersteuning gee aan die Plan soos dit nou voorgehou word nie.

Met die huidige tekort aan dokters weens die swak infrastruktuur by baie hospitale in die land, kan ʼn verdere uittog die gesondheidsdienste in ʼn totale krisis laat beland.

Die optrede van die groep word deur kenners gesien as die diep gewortelde oortuiging dat die regering van Suid-Afrika nie oor die vermoe beskik om die gesondheidsplan te laat werk nie, en meet dit aan die talle voorbeelde van mislukkings waarvoor die regering reeds berug geword het.