Kernkrag oorlog kan nie gewen word

Die Amerikaanse president, Joe Biden, en die Russiese eweknie, Vladimir Poetin, stem saam dat geen land kan ʼn kernkrag oorlog wen nie.

Die twee staatshoofde erken dat die verskille tussen die twee moondhede was nog altyd so dominerend dat dit samewerking belemmer het op gebiede waar dit wel nodig is.

Die twee leiers het hulle samesprekings afgesluit in Geneve, Switserland, en alhoewel daar steeds groot verskille is tussen die twee lande, is daar waarskynlik ʼn atmosfeer geskep wat toekomstige gesprekke makliker sal maak.

Op ʼn vraag hoe die samesprekings verloop het, was Joe Biden se reaksie slegs om duime op te wys aan die vraestellers.

Later is ʼn gesamentlike verklaring uitgereik oor die belangrikste vraagstuk, naamlik die kernkrag oorlog waarin beide saamstem dat niemand so ʼn oorlog sal kan wen nie.