Kapers kelder wêreldwye vleis nywerheid

Die multinasionale JBS in Brussel wat opereer in Australië, Kanada, en in die VSA, het in die lande sy aanlegte gesluit weens die in breking van kuberkrakers op die stelsel.

Die kuberkrakers veroorsaak dat die lewende hawe se bemarking dramaties gestop is wat voedsel voorsiening in baie lande kan laat vries.

Die kaping het tot gevolg dat die prys van varkvleis die hoogte ingeskiet het weens die gevaar van ondervoorsiening.

JBS is die wêreld se grootste vleis produseerders en die gedwonge sluiting van sy verskillende aanlegte het veroorsaak dat beesboere moes sien hoe daal hulle markpryse weens die wantroue en onsekerheid in die mark omgewing.

ʼn Organisasie wat glo die kaping uitvoer, se optrede word deur die JBS in Colorado beskryf as “kuber-aanval wat die hele Noord Amerika en Australiese IT stelsel blokkeer”.

Die woordvoerder sê die rugsteun bedieners is nie geraak deur die kaping nie, en alles moontlik word gedoen om te verseker dat geeneen onnodige skade berokken word nie.

JBS in Brussel het later verklaar dat hulle goeie vordering maak met herwinning van die stelsel en dit telkens beveilig soos wat gevorder word.

Die maatskappy hanteer sowat 220,000 bees karkasse per dag, en sê dit is noodsaaklik dat die stelsel so spoedig moontlik weer op volle stoom werk, en dit word nou deur deskundiges nagejaag.