J&J entstof tekort vir SA

Die koronavirus entstof van Johnson & Johnson wat vir Suid-Afrika geoormerk is, bly eers onaangeraak weens die regulasies van die VSA wat bepaal dat die entstof gedurende vervaardiging sekere bestanddele nie aan al die vereistes voldoen nie.

Die produksie by die Baltimore aanleg in die VSA het volgens die VSA se Voedsel en Medikasie Administrasie sekere vervaardigde lotte is nie geskik verklaar nie, en veroorsaak dat tekorte in SA ontstaan.

Suid-Afrika leun swaar op J&J vir die lewering van entstof om die mikpunt te bereik van 40 miljoen mense wat ingeënt moet word.

Die regering het onderneem om 66% van die totale bevolking van 60 miljoen  ingeënt te kry teen Maart 2022, maar dit wil lyk of die moontlikheid nie haalbaar is as die privaat sektor nie volledig betrek word nie.